Is Jou Sitplek Al Bespreek?

Is Jou Sitplek Al Bespreek?

10 December 2009
RICHTER MEDIEN en BLIXEM Produksies stel ‘n nuwe improvisasie komediereeks bekend, gebasseer op die veelbesproke suksesvolle Duitse model, ‘Schillerstraße’. ‘Proesstraat’ sal ‘n improvisasionele komedie wees, m.a.w. sonder teks en grootliks ongeredigeer. Die sukses van die oorspronklike het daartoe gelei dat Hurricane Fernsehproduktion, in Keulen, Duitsland, tans die 6de Seisoen uitsaai. Die vorige seisoen het eindelik 45 episodes bevat. Die lisensie vir die skreeusnaakse ‘Schillerstraße’ is reeds aan 15 lande verkoop, waaronder Suid-Afrika die enigste Engelssprekende land is wat dit nog nie bekom het nie – hoewel ons dit in Afrikaans gaan aanpak!

AS JY DEEL VAN DIE PRET WIL WEES, BESPREEK SOMMER NOU JOU SITPLEK!

Opnames word gehou by die Universiteit van Johannesburg (UJ – Kunstesentrum) op die volgende datums:

Vrydag 8 Jan 2010 @ 19:30 - Een episode
Saterdag 9 Jan 2010 @16:00, 17:00 en 18:00 - Drie episodes
Dinsdag 12 Jan 2010 @ 19:30 en 20:30 - Twee episodes
Woensdag 13 Jan 2010 @ 1930 en 20:30 - Twee episodes
Donderdag 14 Jan 2010 @ 19:30 en 20:30 - Twee episodes
Vrydag 15 Jan 2010 @ 19:30 en 20:30 - Twee episodes
Saterdag 16 Jan 2010 @ 16:00, 17:00 en 18:00 - Drie episodes
Dinsdag 19 Jan 2010 @ 19:30 en 20:30 - Twee episodes
Woensdag 20 Jan 2010 @ 19:30 en 20:30 - Twee episodes
Donderdag 21 Jan 2010 @ 19:30 en 20:30 - Twee episodes
Vrydag 22 Jan 2010 @ 19:30 en 20: 30 - Twee episodes
Saterdag 23 Jan 2010 @ 16:00, 17:00 en 18:00 - Drie episodes

Elke episode word opgeneem asof dit regstreeks uitsaai en is 23min per episode lank. (alhoewel ’n opname dalk bietjie langer kan wees)

Skakel 011-764 5281 (tussen 9h00 en 16h00) of stuur ’n e-pos na proesstraat@blixem.co.za

Die idee en struktuur:
Die stel, op ‘n verhoog, is die van ‘n oopplan leefvertrek en kombuis in ‘n woonstel of huis, waar die hoofkarakter woonagtig is. ‘n Lewendige gehoor woon die opname by wat die kuns van vinnige aksies, reaksies, denke, spel en talente van ons sterre in improvisasie beklemtoon. Ons open elke episode, waar ons spelleier, Nina Swart, die tema van die dag aan die gehoor oordra en ‘n verloop naastenby skets, om sodoende die konsep aan die kyker te verduidelik. Daarna, presies hoe die regie werk, verwelkom die gehoor en kondig die begin aan. Ons sny na die verhoog. Die hoofkarakter, wat Waldemar Schultz(bekend as Jan-Hendrik van 7de Laan) is het deurentyd vriende wat ‘n draai maak, of polisie wat kla oor lawaai, of vakmanne wat iets kom regstel, om maar net ‘n paar moontlike sketse te noem. Soos vroeër genoem, is daar geen teks nie. Die karakters weet almal wat die onderwerp vir die episode is en moet daarom improviseer. Daar is wel ‘n spelleier wat tussendeur snaakse en belaglike regie vanuit die gehoor gee. Elke karakter het ‘n binne-oor monitor waardeur die regie gegee word sonder dat die ander spelers dit hoor. Regie kan terselfdertyd aan meer spelers gegee word. Dus weet net die betrokke speler en die gehoor, lewendige en televisiekyker, wat die regie is. Dit lei tot lagwekkende improvisasie moontlikhede, veral omdat ons weet wat verwag word, terwyl die ander akteurs daarteenoor moet speel.

Die ontwikkeling:
Die oorspronklike het eers as 30 min (24 min) episodes begin, en is na die sukses van die resep, na een uur (48 min) episodes verleng. Ons gaan op kykNET met 26, 30 min (24 min) episodes begin, om so die konsep vir kykNET gehore te toets, hoewel ons seker is van die wegholsukses daarvan.

Ons het die talent!
As ons kyk na die bekende voorbeelde van improvisaionele televisie soos, ‘Who’s line is it?’ en ‘Schillerstraße’, wonder ‘n mens onmiddellik of ons die betrokke vaardighede en talentvolle akteurs op eie bodem het. Die goeie nuus is dat ons hulle het – mense wat al vir jare lank hul talente op verhoë skaaf en nog nie die kans gehad het om dit in televisieformaat ten toon te stel nie. Ons het ‘n rolverdeling van sterre buiten Nina en Waldemar wat sal sorg vir onophoudelike lagvermaak: Pierre Breytenbach, Melt Sieberhagen, Wikus du Toit, Martelize Kolver, Eloise Cupido en Esther von Waltsleben. Ons gaan nog verder deur in elke episode ‘n bekende persoonlikheid in te bring om te kyk hoe hulle kersvashou met die ‘op die voete gedink en –speel’!

aaa0