’n Kuier Saam Mel In Namibië

’n Kuier Saam Mel In Namibië

21 March 2009
Vanaand (21 Mrt) het kykNET ’n groot bederf vir aanhangers van Mel Botes - ons toer saam met hom deur Namibië! Lees hier waarmee hy tans besig is.

Mel gaan binnekort een van die ses Afrikaanse musikante wees (saam met Mathys Roets, Leon Ecroignard, Blackie Swart, Thean Kotze en Wouter van de Venter) wat saam die verhoog betree om gehore te vermaak.

Kliek hier om die volledige artikel oor hul optredes te lees.

Mel is ook tans besig met die preproduksie van sy Engelse album, Imaginary Friends, terwyl hy voortwoeker met sy Pink Floyd-huldekonsert, Crazy Diamond. Boonop ontwikkel hy ’n Afrikaanse musiekspel wat in 2010 op die planke sal wees.

Moenie vanaand (21 Mrt) Mel se Namibiese toer op kykNET om 21:00 misloop nie!
Comments

Want to comment?
Username:
Password:
     Forgot password?
  Not yet registered?
Click here, it’s free!
aaa0